Wyd oop

Wyd oop

NG Kerk Gansbaai

Wyd oop

Ons is mos eintlik ons eie grootste vyand. Ons soek baie keer ander mense om te blameer dat ons nie groei of nuwe dinge aanpak nie, maar eintlik plaas ons self hindernisse op die pad. Baie subtiel en elkeen s’n lyk anders. In 2 Korinthiers probeer Paulus die moeilike verhouding tussen hom en die gemeente in Korinte hanteer. Hulle bevraagteken sy apostoliese gesag omdat hy nie net sê wat hulle wil hoor nie. Hy push hulle om anders te dink en te leef.

Deurdat hulle hulle “toemaak” vir Paulus se woorde plaas hulle die blaam op hom. Hy skryf egter in 6: 12 “Julle word nie deur ons ingeperk nie, maar julle word deur julleself in julle eie binneste ingeperk……Stel julleself ook wyd oop vir ons.”

Paulus besef dat dit die mense van Korinte se ingesteldheid is wat gaan maak of hulle luister of nie en hy nooi hulle uit om hulle binneste oop te stel. Miskien sluit hulle dit toe want hulle is bang dat dit wat hulle hoor gaan beteken dat hulle anders moet dink en nuut weer moet besin. Ons almal ken daai gevoel. Bly maar by die bekende.

Die Direkte Vertaling van Psalm 4 bring God ook hier in die prentjie: “In die noute het U vir my ruimte gemaak.” (Psalm 4:2). Miskien kan God deur sy Gees ook ons binneste oper en wyer maak.

Wyd oop

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles