God verander
Die Ou Testament praat nooit van ‘n statiese God – ‘n God wat bloot is en onveranderd bly soos ‘n blote objek nie. God word uitgebeeld as een wat verander. 1 Samuel 15: 34 (teks van Revised Common Lectionary vir die week) lees ons dat God bedroef was dat Hy vir Saul koning gemaak het. Dit is nie die eerste of laaste keer dat sulke woorde oor God geuiter is nie. Die vloedverhaal in Genesis 6 begin ook met die woorde: “…want ek is bedroef/teleurgestel omdat ek hulle gemaak het”.
Eie aan die Ou Testament word menslike emosie uitgebeeld om Goddelike optrede te beskryf. Ook so met God se woede. Is die belangrike hier ‘n diep filosofiese Gods vraag, soos: “Kan God spyt wees?” en wat is die implikasie vir sy bv. “alwetenheid” en “almag”? Ek dink nie so nie. Ek wil heel eerste weet wat maak God bedroef of kwaad, want dan verstaan ek sy “hart”.
In Genesis 6 is dit die geweld van die mens. In Samuel is dit moontlik ongehoorsaamheid en weerspannigheid (volgens vers 23). Miskien is die kern dat God nie onaangeraak word deur ons dade nie. Of miskien dat die geboorte van Christus en die voleinding in goedheid nie blote welwillendheidsgeskenk van ver bo af is nie, maar die ten spyte van, van God, wat getrou bly en struggle met die vir wie Hy lief is tot die einde. Soms bedroef, soms kwaad, soms….maar nooit los Hy nie. Dit is wat die kruis beteken. Bloed,verlatenheid en sweet staan nie in teken van ‘n in rots gegiete statiese God nie.
God verander
22 October 2016Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone
Always saying YES does not buy you worth.
Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal
GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.
Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes
Bring a little South African colour home!
Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026
Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters
Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter
The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!












