Jakob stoei met God by die Jabokrivier

Jakob stoei met God by die Jabokrivier

NG Kerk Gansbaai

Teks: Genesis 32

Daar is paar ongemaklik tekste in die Bybel wat ons nie altyd weet wat om mee te maak nie. Een van hulle is Genesis 32. Die verhaal van Jakob wat met God stoei in die nag by die Jabokrivier.

As ons sulke tekste lees weet ons nie altyd waar ons dit moet “file” nie. Te onverwags en anders. Gewoonlik begin ons by die konteks. In die geval die konteks van Genesis en dit binne die wêreld en Godverstaan van die Ou Nabye Ooste, die Bybelse wêreld. Maar dan is dit ook ‘n vertelling deel van groter narratief van Jakob. Jakob se reis is geografies en persoonlik. Jakob se geografiese reis na verskeie plekke en situasies is  in ‘n sekere sin ook 'n reis  wat hom verander het.

Voor ek iets sê oor sy reis net paar perspektiewe op Ou Nabye Ooste verhale. Meeste het lae. Ons moet onthou in 'n mondelinge kultuur word verhale oor en oor vertel. Etiologiese verhale is belangrik.  Hoekom het ‘n plek so ‘n naam, soos Pniel? Hoekom eet ons nie heupsenings? Dan word  premoderne konteks se “bygelowe” ook ingewerk. By drifte woon woestyndemone, wat hulle krag verloor as dit lig word. Baie lae van vrae en antwoorde. Ons kyk vandag na die verhaal as episode in Jakob se groter storie.

Wat weet ons teen die tyd van Jakob? Waar pas dit binne sy groter verhaal in? Ons weet dat hy sy broer en sy oue blinde pa verkul het. Dat hy weggevlug het Haran toe en God oppad tog met hom sy verbond bevestig het. God ontmoet maar in belofte taal en bevestig taal. Dat hy dubbel soveel tyd vir Laban moes werk om sy liefling, Ragel te kon kry. Dat die verhouding tussen Jakob en Laban versleg het en Jakob gekies het om terug te keer na sy tuisgebied, intussen het Ragel huisgodjies versteek en Jakob en Laban sluit ooreenkoms. Hy het hom ook verkul. Dat hy gehoor het God sê om terug te gaan na sy land. Dit is 20 jaar later en hy weet Esau wag daar. Dat sy verlede hom heel moontlik gaan inhaal. Daarom maak hy weer planne. Verdeel sy mense vir veiligheid en stuur “omkoopgeskenk” vooruit.

Met dinge, wat hy kon voorberei, redelik in plek is hy ‘n slag alleen, sonder sy kinders en vroue en slawe en diere. Vorige keer alleen het God hom besoek en geseën. Nou in die nag kom ‘n man na hom as opponent. Hy is tog blootgestel en weerloos. EN hy baklei vir sy lewe die hele nag. Dit is slegs in terugblik en Jakob se woorde dat die man met God vereenselwig word. Maar die keer as antagonis.

Dit is nie vreemd in Ou Testament nie. God verskyn op 'n paar plekke so, soos ‘n mens. Dat die persoon eers later click dit was God. Ek sê altyd met die Ou Testament mens nie verras moet wees met Jesus se menswording nie.

In die geveg ontmoet ons Jakob as hardkoppig. Hy klou vas. Hy laat man nie gaan. Hoekom? En dit is humor van die verhaal. Jakob sal enigiets doen vir seëning. Miskien ironies. Sy broer se eerstgeboorte reg, sy pa se seën, God se seën na droom en nou weer. Jakob soek seën en sal baklei daarvoor en kroek daarvoor.

Een kommentaar herinner ook aan die intimiteit van 'n stoeigeveg. Soos boksers wat aan mekaar hang. Baklei en rus. “For so is habit of people who make strong effort to throw each other down that one embraces the other and attaches himself to him with his arms”. Hy weier om te los.

Ons beleef een man se reis met God. Ons as lesers is toeskouers van 'n intieme moment van 'n fisiese stryd.

 Jakob is die Skelm wat openinge soek, wat nie laat los, wat seëninge verlang. Wat tog in sekere sin met Homself stoei.

Hy gaan veranderd weg. Hy kry 'n ander naam: Jakob bedrieër tot Israel . . .volk van God.

Hy loop mank. Tot die “een wat teen God en mense ‘n stryd gevoer het en end uit volhard het”

Tog is die stryd nooit buite om God en erkenning van God se teenwoordigheid nie.

Maar kom ons lees net verder in Genesis 33:5. Jakob sien gedurig God se genade raak. Besef heeltyd hy is nie alleen nie. Ook in sy ontmoeting met sy broer word dit goddelik:

Gen33:10 OAV Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ‘n mens die aangesig van God sien en u het behae in my gehad.

For truly to see you is to see the face of God since you have received me with such favour.(NRSV)

Sien God, sien broer, sien broer, sien God. Esau reflekteer die genade wat God bewys het. Of miskien sien Jakob God nou in sy broer juis omdat hy die ontmoeting gehad het.

Hierdie Intieme kyk op iemand anders se verhaal herinner ons dat ons ons te maklik dink ons God verstaan. Dat ons Hom getem het en miskien in die spreekwoordelike boksie geplaas het. Die  Ja,  en die komplekse realiteit sien van God wat intiem betrokke is met mense, hulle soek, seën. Tog is God onvoorspelbaar en gevaarlik. Gevaarlik in die sin dat Hy jou kan bring op plekke waar jy nie wil wees nie, jou uit jou rustigheid kan haal, jou kan konfronteer met die donker kant in jou lewe. Ons verkies God veilig en daarom bly ons maklik weg van stilte en momente van ontmoeting waar Hy hom miskien anders kan openbaar. CS Lewis het in sy boek “The Lion, Witch and Wardrobe”laat deurskemer dat God nie veilig is nie maar wel goed.

Soos Jakob reis ons geografies maar ook op ons eie lewenspad en word ons gedurig deur God verander in ons spesifieke situasies en kan God self soms vir ons die antagonis wees, maar altyd genadig.

Jakob stoei met God by die Jabokrivier

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles