Die egtheid van God
In ons westerse kultuur is ons nogal gepla met waarheid. Veral in Protestanste tradisie wat ek ken. Ons verstaan van waar is redelik rasioneel. Dit beteken iets moet feitelik korrek wees. Dit sukkel soms as ons Bybel lees, want dan begin ons baklei oor Jona en die vis en dan pla dit dat daar veral in die Ou Testament baie weergawes van dieselfde storie is, maar die detail verskil. Lê die waarheid in die detail? Indien wel, watter weergawe is dan waar? Te midde van ons aandrang op waarheid, weet ons ook dat ons dinge nie dieselfde sien of ervaar nie. Weet ons ooggetuies se weergawes verskil ook.
Wat is waar? As ons oor Jesus praat of hoe God Hom openbaar dan verkies ek die woord “egtheid”. Egtheid ontmoet ek in verhouding. Dit is nie ‘n objektiewe kyk na iets met ‘n spreekwoordelike teleskoop nie, want dan gaan die Drie-Eenheid klaar nie sin maak nie. Egtheid is die ervaring dat ek in ‘n verhouding met Iemand is op wie ek kan vertrou, wat nie ander agendas het nie - behalwe dat Hy altyd “pro-nobis” (vir ons) is. Dan vra ek nie of verhaal “waar” of bewysbaar is nie (soos die arme Jona in die vis nie) ek vra: Wat leer ek oor God, en ek weet dat dit wat ek oor God leer ek in kan rus. Egtheid verblind leuens, waarheid het te veel kriteria. Dan is God nie truth nie, maar true.
Die egtheid van God
06 December 2016Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone
Always saying YES does not buy you worth.
Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal
GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.
Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes
Bring a little South African colour home!
Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026
Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters
Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter
The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!












