Waar vind ek ‘n genadige God?

Waar vind ek ‘n genadige God?

NG Kerk Gansbaai

Waar vind ek ‘n genadige God?

‘n Mens wat na God begin soek, is reeds deur God gevind. En God vind ons dáár waar ons ontdek het hoe groot ons sonde en ons ellende is. Ons word van sonde oortuig deur die kragtige werk van die Gees van die waarheid. Daar waar gebid word met ‘n gebroke gees en ‘n verslae hart: “O God, wees my, sondaar, genadig!” - daar word gebid in die omhelsing van die goeie God van die kruis-evangelie.

Die gebeure in die (kerk-) geskiedenis wat as die Reformasie (of die Hervorming wat in 2017 die 500 jaar van Reformasie gevier word) bekend staan, is gebore uit die soeke na die antwoord op die vraag wat in die hart van Martin Luther ontspring het - die vraag: “Waar vind ek ‘n genadige God?” En dit was in die donker van hierdie wanhoopsvraag dat die lig van die kruis-evangelie tot hom gekom het. Hy het die antwoord op sy vraag gevind: In Christus alleen!

In Jesus Christus openbaar God Homself aan ons as die God van aller genade. In Jesus Christus  vind ons ‘n God wat die grootste sondaar begenadig, die goddelose vryspreek. Die dieptepunt van God se openbaring vind plaas aan die kruis op Golgota. Jesus, die gekruisigde, ons Christus, word daar die Lam van God. Daar bring God self die offer wat vir sondaars volkome versoening met God bewerk het. Ons was dood in ons afgrondelike sondigheid en ons menigvuldige sonde, maar God wat ryk is in barmhartigheid, het die skuldbrief teen ons vernietig deur dit aan die kruis te spyker.

O, wie is ‘n God soos U? O, aller heilige, sondaarliewende God van ons christelike geloof! Sondaars aanbid U, loof U, enige God van ons enigste troos!

Waar vind ek ‘n genadige God?

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles