Waar vind ek ‘n genadige God?

Waar vind ek ‘n genadige God?

NG Kerk Gansbaai

Waar vind ek ‘n genadige God?

‘n Mens wat na God begin soek, is reeds deur God gevind. En God vind ons dáár waar ons ontdek het hoe groot ons sonde en ons ellende is. Ons word van sonde oortuig deur die kragtige werk van die Gees van die waarheid. Daar waar gebid word met ‘n gebroke gees en ‘n verslae hart: “O God, wees my, sondaar, genadig!” - daar word gebid in die omhelsing van die goeie God van die kruis-evangelie.

Die gebeure in die (kerk-) geskiedenis wat as die Reformasie (of die Hervorming wat in 2017 die 500 jaar van Reformasie gevier word) bekend staan, is gebore uit die soeke na die antwoord op die vraag wat in die hart van Martin Luther ontspring het - die vraag: “Waar vind ek ‘n genadige God?” En dit was in die donker van hierdie wanhoopsvraag dat die lig van die kruis-evangelie tot hom gekom het. Hy het die antwoord op sy vraag gevind: In Christus alleen!

In Jesus Christus openbaar God Homself aan ons as die God van aller genade. In Jesus Christus  vind ons ‘n God wat die grootste sondaar begenadig, die goddelose vryspreek. Die dieptepunt van God se openbaring vind plaas aan die kruis op Golgota. Jesus, die gekruisigde, ons Christus, word daar die Lam van God. Daar bring God self die offer wat vir sondaars volkome versoening met God bewerk het. Ons was dood in ons afgrondelike sondigheid en ons menigvuldige sonde, maar God wat ryk is in barmhartigheid, het die skuldbrief teen ons vernietig deur dit aan die kruis te spyker.

O, wie is ‘n God soos U? O, aller heilige, sondaarliewende God van ons christelike geloof! Sondaars aanbid U, loof U, enige God van ons enigste troos!

Waar vind ek ‘n genadige God?

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles