Kersdag 25 Desember 2016

Kersdag 25 Desember 2016

NG Kerk Gansbaai

Lees: Lukas 2: 6-16, Johannes 1: 14-18

Hoe groter hoe beter. Big is beter. Big is more. Baie dinge in die wêreld floreer nog op die beginsel. Sukses word gemeet aan die meer, die baie, die oordrewe en oorvloed. Huise, karre, vakansies, besighede, selfs kerke. Groter is beter. Groter is sigbaar. 

Binne die Matteus en Lukas narratief is ek elke keer verras met die Kersverhaal se gebruik van tyd en ruimte. Min, amper niks, vlugtig. ‘n Paar verse. 

Bowenal tyd.  Mens kry mos maar oggend en aand mense.  Ek doen oggende. Weet nie van julle nie, maar ek maak maar min sin in die nag. En hier gebeur die alles-veranderde-geboorte in die nag terwyl meeste slaap. In ‘n tyd sonder elektrisiteit; so die nag is maar gemaak vir slaap en nie veel meer nie. Sonder voorbereiding en advertensie. 

Nag, saam met ‘n ander simbool, som vir my die teologiese implikasie van Kersfees op. Die ander is Maria se swangerskap. In ‘n sin het dit ook te make met nag.  Die vorming van die fetus, die wonder van bevrugting tot baba gebeur sonder dat ons dit sien. Ongesiens. Ook buite om my.

God se koms is die wonder van die ongesiens en verrassende. Iets het met ons gebeur en is aan ons gedoen.
Die geboorteverhaal self is verskriklik minimalisties.

Matteus 1: 25
“Hy het egter nie met haar omgang gehad  voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem”
Lukas 2: 7
“Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê"

Dis AL.
Tog. En ek dink die enigste manier om die evangelie te leef is om heeltyd die paradoks te balanseer. Die twee dinge wat mekaar weerspreek. Die min is die alles. Die min is die volheid.
In die min woorde, in die nag, is alles. Oorvloed.
Die oorvloed van God se volheid. Die oorvloed van lewe.

Johannes 1: 16
Uit sy volheid,
Uit sy oorvloed
NRSV: From his fullness we all have received grace upon grace

Nederlandse teoloog Van Ruler dink bietjie na oor die oorvloed en volheid, te midde van chaos en wêreld. Om uit God se volheid te leef is om die skuld en sonde van wêreld te sien en tog nie weg te loop nie, maar om midde van alles ons vreugde te vind. Omdat die lewende God teenwoordig is. Ons sien die wêreld en hoe dit is en dan sê ons uit diepste van ons hart JA.
In Jesus Christus is die volheid, die vervulling, die volledigheid.
Ons leef nie na die genade toe nie, maar daar uit. Fullness wat ons bron is en wat lei tot vreugde, humor en diep liefde.
Die volheid het gekom in die nag. Die volheid was gehuisves in swanger vrou.
Hoe leef mens die volheid en oorvloed. Nie met groot, meer, bigger, sensasioneel nie. Dit is tog nie buite nie. Dit is in ons.
Leef dit teenoor ander. We share our skin. Vleeslikheid van Kersfees. Dit lei dat ons alle dinge, die mens en die lewe onuitspreeklik lief het.
Want ons weet alle dinge word ook voltooi. Hoop het lief, hoop omhels. My naaste herinner my aan daardie nag. EN dis die lewe wat God gered het wat ek liefhet.
As die volheid van die heil uitgestort is in ons vlees dan het ons alles. Genoeg. Less is more. Dan sien ek ook die volheid in die kleinste, minste. Juis daar.
Dan is lewe en wereld goed.
Dit maak nie die nuus beter nie. Dit verander nie mense se omstandighede nie. Gee ons plek waaruit ons leef. Van Ruler praat van Nederlandse woord baaierd, dit beteken chaos: “Midden in die baaierd van het verloren lewe is God teenwoordig en besig” Is elke moment swanger van betekenis en God se teenwoordigheid.

Kersdag 25 Desember 2016

Dr.Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles