Blog

Seemeeu 4/2017: Kers en Nuwejaar wense 2017/18

Seemeeu 4/2017: Kers en Nuwejaar wense 2017/18

NG Kerk Gansbaai

2017 is aan sy einde. Die jaar het verby gevlieg met al sy “ups” en downs”. Kom ons haal die beste uit hierdie jaar en bou daarop voort.

Dit help nie om ons te verknies oor dit wat verby is nie. Daar is soveel mooi in en om ons: die son, die see, die wind (dink nie almal stem saam, maar dit moet daar wees), die reën, ons mense, ons vriende, familie, kinders, kleinkinders, ons ouers en grootouers. So kan die lys aangaan. Ons is in afwagting in Adventstyd met Kersfees om die draai en dink aan die mooi eg Suid-Afrikaanse kerslied in ons skatkis van liedere, naamlik Somerkersfees deur Koos du Plessis. Mag ons in hierdie feestyd die woorde ons eie maak en bid vir vrede in ons harte en in ons land en die wêreld. “Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder somerkersfees in hierdie land o Heer” Die skrywers van die lied verwys na stilte en seisoene. 

Vir 2018 wil ek aanhaal uit ‘n rubriek geskryf deur dr. Braam Hanekom in die Burger van 15 November 2017. Ook die lewe het sy seisoene. Daar is winters en somers. Nie almal wil dit verstaan nie. Tog is daar ‘n troos wat ook deur die eeue na ons toe kom. Die seisoene verander nie altyd so vinnig soos ons dit wil hê nie, maar God bly daar om ons deur die seisoen te dra. Dit moes Israel 40 jaar lank in die woestyn leer. Beteken dit dat ons intussen niks hoef te doen nie? Beslis nie. Drie woorde maal in my gedagtes. Dit is bid, dink en doen. Ek dink ons doen te min van al drie. Die feit dat dit soms voel asof God afwesig is in die geskiedenis, beteken beslis nie dat God se stem nie in die stilte gehoor kan word nie. Hy word soms veral in die stilte gehoor.

Seënwense vir ‘n Christusfees in die kerstyd en nuwe jaar 2018.

Seemeeu 4/2017: Kers en Nuwejaar wense 2017/18

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles