Blog

Seemeeu 4/2017: Om God in die kleine te sien

Seemeeu 4/2017: Om God in die kleine te sien

NG Kerk Gansbaai

OM GOD IN DIE “KLEINE” TE SIEN

Daar word vertel van ‘n prediker wat sondag na sondag dieselfde lied laat sing het, Ps.146:1 en 8 (uit ou Psalm- en Gesangboek). In hierdie twee verse word die grootheid van God besing. “Prys die Heer …” en “Dis die God der Leërmagte, troue bondsgod van weleer ...”. Die verse tussenin vertel van die Here wat getrou is aan hulle wat swaar kry, aan hulle wat nie leef met ‘n pryslied in die hart en op die lippe nie. Oor armes, weduwees, honger-iges en gevangenes aan wie die Here reg geskied, word nooit gesing nie. Hierdie twee verse het mettertyd ‘n spesifieke beeld oor God by die lidmate geskep. Hy is die God van “groot dinge” van wie “groot dinge” verwag kan word. Deist skryf: “As jy so op die groot dade van God ingestel is, kan jy skaars dink, laat staan verwag, dat Hy jou soms kan verras deur  heel onopsigtelik te werk te gaan”

Die Bybel is vol verhale van God se grootheid. God is inderdaad die God van “groot dinge”. Maar die Bybel sê Hy is ook die God van die “klein dinge”.  Hy gebruik muggies en blinde vlieë om die farao tot nuwe insigte te bring, Jesus gebruik die beeld van ‘n  mosterdsaadjie om oor die koninkryk van God te praat. Wanneer God mens word, vind dit nie op ‘n asemrowende wyse plaas nie. Sy geboorte is omhul met skande, sy ma is ‘n ongetroude tienermeisie en sy pa ‘n arm skrynwerker. “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?”(Joh. 1:47).  Tog sou hierdie Kindjie ware verlossing bring vir ‘n wêreld, vasgevang in die kettings van wanhoop. Hy bring verlossing, hoop, geregtigheid, en oorwinning oor die kwaad langs die weerlose weg van die kruis en die dood.

Ons moet leer om God in die alledaagse, in die doodgewone raak te sien.

Kersfees help ons om die Groot God in die klein dinge soos liefde, omgee, geregtigheid, vriendskap, gasvryheid, kuier saam met kinders/kleinkinders, familie en vriende, ensvoorts, raak te sien.

Die gemeente Gansbaai bid dat elkeen van u hierdie kersseisoen geseën sal word deur die God van die “Kleine dinge”. 

Seemeeu 4/2017: Om God in die kleine te sien

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Another Relationship Comes to an End

When Another Relationship Comes to an End

There comes a point after another relationship ends when the silence becomes almost unbearable.

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Your pets are part of the family, and their health and happiness are important. At The Pet Grocer Gansbaai...

The Pet Grocer
Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026.

Gansbaai Golf Club
Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

We decided to take a short walk in the fynbos so that all the teams of Grootbos Foundation could hang out together in the fynbos.

Grootbos Foundation
Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Join us this Saturday for a vibrant community market filled with local flavour, delicious food, and live entertainment!

Quality Pork Rashers

Quality Pork Rashers

Take your breakfast, braai or sandwich to the next level!

Prime Cuts Meat
See All Articles