GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND
Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika!
Ons het ontdek wat ons land so besonders maak - van ons landsvlag en nasionale simbole tot ons uiteenlopende kulture, tale, tradisies en die mooi plekke wat ons tuiste so uniek maak.
Dit was ’n wonderlike geleentheid om ons leerders se kennis uit te brei en hulle trots op ons mooi land te versterk.
Ons is trots om Suid-Afrikaners te wees!












