
Baie geluk, Daniël!
Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.
Hy het sy eerste TSA-eindstryd in die Wes-Kaap gehaal en uitstekend gevaar deur as naaswenner in die seuns o.12-afdeling te eindig!
Asof dit nie genoeg is nie, beklee Daniël tans ook ’n indrukwekkende 42ste plek op die Suid-Afrikaanse ranglys vir seuns o.12, uit ongeveer 500 spelers! 🇿🇦
Ons is ongelooflik trots op jou, Daniël! Jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding dra beslis vrugte. Mag daar nog baie mooi tennisprestasies op jou wag!
Baie geluk met hierdie besondere prestasie!










