Die jaarlikse Sokkiejol ten bate van Herberg-aan-See (HaS) lewer telkens groot pret op, asook broodnodige fondse vir HaS.
Die vrolike geselligheid is Saterdagaand, 20 Augustus 2016 in die Birkenhead Boothengelklub se saal aangebied, met die gaste wat hul eie verversings saamgebring het.
Jan Lourens het met sy Musiekfabriek gesorg vir voete-jeuk-musiek en daar is tot laataand gedans en gekuier.
Die organiseerder van die Sokkiejol, Suzie Rademan, sê dit was ‘n suksesvolle en gesellige aand en sy bedank graag almal vir die goeie ondersteuning.