Laerskool Gansbaai het weer eens onder die bestes in Wes-Kaap met hulle kennis van die ruimte geëindig.
Die groep Astro Gansies het Vrydag, 26 Augustus die voorreg geniet om in Observatory, Kaapstad aan die finale rondte van die Astro-quiz, aangebied deur die South African Astronomy Observatory (S.A.A.O) deel te neem.
Die Astroquiz toets leerders se kennis van die ruimte en die volgende leerders het uitstekend gevaar: Riana le Roux, Marlin Europa, Nicolas Rock en Derek Brown, almal Graad 7-leerders. Hierdie groep van vier leerders het onder die top twintig skole in die Wes-Kaap ge-ëindig, met meer as twee honderd groepe wat deelgeneem het.
Na afloop van die kompetisie is hierdie leerders na die Observatorium waar hulle op ‘n begeleide toer die teleskoop kon besigtig, asook die museum kon besoek. ‘n Skaalmodel van die SALT kon onder andere in die museum besigtig word.