Local is Lekker !!
Pomp op daardie fiets se wiele, trek jou tekkies aan en kom trap saam Fees. Gee jouself oor aan 'n buitelug ervaring met die 'Mountain Bike & Trail Run" by Flower Valley Plaas op 24 en 25 September.
Inwoners van die Gansbaai omgewing, oud of jonk, maer of mollig, word deur die Funky Fynbos Fees uitgenooi om in te skryf. Bring jou munisipale rekening op 23 September saam wanneer vooraf-registrasie by die Gansbaai Toerismekantoor na 14:00 plaasvind. 50% korting van die totale koste vir enige resies per persoon word aangebied. Groot kontantpryse asook gelukstrekkings kan gewen word. Die groot weggee sluit ook 'n 'Momsen Junior Fat Bike Give Away,' asook 'n prys vir volwassenes wat daar bekendgemaak sal word, in.
Indien oefening nie jou ding is nie – ontspan in die vallei met heerlike kos, yskoue bier en besigtig vele handwerkstalletjies. DJ Kim Sharklady sorg vir lekker opskop musiek. Jy kan ook jou ore uitleen aan die ligte musiek van die Gansbaai Academia se Marimba Orkes.
Vir navrae skakel ons by 083 784 6628 of besoek ons webwerf www.funkyfynbos.co.za vir meer inligting.