Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se gewilde jaarlikse basaar is Saterdag, 1 Oktober 2016 vanaf 10:00 in die Pretoriussaal en is ‘n basaar wat nie gemis mag word nie - veral nie onder die bekwame leiding van die gedugte Goue Hande nie.

Vanjaar het Jan le Roux met ‘n bykomende idee gekom: Radiobeheervliegtuie op Laerskool Gansbaai se rugbyvelde, direk langs die Pretoriussaal. Alle belangstellendes met radiobeheervliegtuie is welkom om aan hierdie aktiwiteit deel te neem en kan voor 10:00 al opdaag. Besoekers aan die basaar sal hulself in die “manne met die duur speelgoed” se lugmanewales kan verlustig.

Voorsiening is gemaak om van te kies en te keur, ‘alles by die dosyne’: kleinkoekies, groot koeke, terte, “crispy” koeksisters, nagereg, pannekoeke, vleisgeregte,  vars  vleis  en groente, tombolatafel, naaldwerktafels, wit-olifanttafel en veel, veel meer - kom kyk eerder self. Die restaurant met heerlike etes moet ook nie vergeet word nie. Die spreekwoordelike tafel is nou, ná maande se harde arbeid, gedek en elke sent wat spandeer word, sal wees ter stywing van HaS se broodnodige fondse waarsonder die tehuis nie op ‘n gesonde vlak bedryf kan word nie.

Op die laaste nippertjie-navrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word.

‘n Belangrikke wenk: wees betyds of wees tevrede om met leë hande huiswaarts te keer - wanneer die predikant ‘amen’ sê, is sommige besoekers se drasakke al volgepak.

Verleidelike eetgoed by HaS-basaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles