Luisterryke Koorfees

‘n Luisterryke fees van kore wat in Riviersonderend gehou is op Sondag, 25 September 2016 het toehoorders behoorlik bekoor.

Die hoogtepunt van die aand was die optrede deur die massakoor, wat  uit die vyf deeelnemende kore bestaan het. Die koorleier was  Helena Cloete en die begeleier Annerienne Fourie, altwee van Riviersonderend. Vyf liedere is gesing: Child in a Manger, Karoo Kerslied, Net soos die hemelkoor, U is God alleen en God bly met u. Ds Kobus Pretorius van  die gasheergemeente, Riviersonderend, het die verrigtinge gelei.

Die vyf kore vanuit die NG Ring van Caledon wat vooraf opgetree het, het elk twee liedere gesing.

Hulle sang is afgewissel met gemeentesang saam met die koorlede, asook klavier- en dwarsfluitopvoerings deur Helena Cloete (klavier) en Annerienne Fourie (dwarsfluit). Die deelnemende kore was: Gansbaai (koorleier Aletta Lochner, begeleier Anneline Reinke en Trompet Jack White). Gansbaai se twee liedere was The church in the Wildwood (William S. Pitts) en Ps. 121 - Ek slaan my oë op (P. Schuck); Kleinmond (koorleier Cecile Coetzee en begeleier Charlotte Potgieter); Grabouw (koorleier Marianne Rust, sonder ‘n begeleier); Hermanus (koorleier Jeannette Strydom en begeleier Frikkie Strydom); Riviersonderend (koorleier Helena Cloete en begeleier Annerienne Fourie).

Gansbaai se NG Kerkkoor tydens hul optrede by die Ringskoorfees in Riviersonderend. Voor vlnr Jack White (trompet), Aletta Lochner (koorleier) en Anneline Reinke (begeleier) agter die klavier.
Gansbaai_Courant_New