Laerskool Gansbaai het die afgelope paar weke aan die WOW Spelkompetisie 2016 deelgeneem, waar leerders van oral oor teen mekaar hul spelvernuf kon toets.
Ses van die leerders het goed in die finale rondte van die Overberg WOW Spelkompetisie gevaar: Anke Oosthuizen (Gr 1) - 4de plek; Stefan Stieger (Gr 2) - 1ste plek; Nevellia October (Gr 4) - 2de plek; Jay-Andra Pieters (Gr 6) - 2de plek. Hulle het na die Wes-Kaap Provinsiale Spelkompetisie op 10 September 2016 in Stellenbosch deurgedring.
Hoewel die leerders nie in Stellenbosch as wenners uitgetree het nie, het hulle wel onder die eerste tien deelnemers geëindig.