B’Bos erfenishuis op in vlamme

B’Bos erfenishuis op in vlamme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Geskiedkundige erfeniswoning in Baardskeerdersbos, op die hoek van Strandveld- en Kerkstraat op pad na die Strandveld Pub & Grill restaurant, het Woensdag, 12 Oktober 2016 in vlamme opgegaan.

Truida Fourie was een van die toeskouers wat emosioneel staan en toekyk het hoe haar geboortehuis besig is om uit te brand. “Dit was ‘n hartseer oomblik om na die verterende vlamme te staan en kyk en vele herinneringe het deur my gespoel,” het sy gesê.

Die oorsaak van die brand kon nie vasgestel word nie. Die vermoede bestaan dat “Bergies”, wat vroeër deur ‘n werknemer by die winkel opgemerk is, daar oornag het nadat iemand gesien het hulle gaan daar in. Die brand het begin kort nadat hulle die volgende oggend vort is.

Truida Fourie (Groenewald) is in 1958, sowat 58 jaar gelede, in die huis gebore en het daar grootgeword. Sy sê dit is die enigste huis wat sy geken het en sy het dit vir die eerste keer ná haar troue met wyle Attie (Witbrood) Fourie verlaat. Sy en Attie het ‘n melkery bedryf, wat beteken dat sy nog al die jare in Baardskeerdersbos woon.

Truida se ouers was Pieter (oorlede 1980) en Rina (oorlede 1978) Groenewald.

Truida vertel dat haar pa in 1940 daar gebore is en dat die Groenewalds toe al daar gewoon het. Dit kan dus wees dat die huis in die laat 1800’s of vroeë 1900’s gebou is. Truida se pa het die voorste gedeelte van die huis destyds in ‘n winkel omskep en dit as die Groenewald Broers bedryf. Ná sy afsterwe het Truida se oorlede man die winkelgedeelte as ‘n kliniek beskikbaar gestel.

Haar pa het ook reeds voor haar geboorte in 1958 ‘n geboutjie langs die huis opgerig, wat nie saam met die huis gebrand het nie, wat as Baardskeerdersbos se tweede Poskantooragentskap bedryf is - kompleet met handsentrale en al - tot gedurende 1994 toe die Poswese weggedoen het met die meeste agentskappe.

Truida sê dit was al die jare ‘n pragtige huis en was gedurende 2004 nog bewoon, maar daarna het verwaarlosing begin intree.

In 2005 het sy die  geskiedkundige huis aan die huidige eienaar, Nardus Bothma verkoop. Sy bouplanne is deur die Overstrand Munisipaliteit en Erfenis Wes-Kaap goedgekeur om die huis in ‘n gallery en klein koffiewinkel te omskep, maar dit het nooit realiseer nie. Die verwaarlosing van die huis het vererger en “bosslapers” is gereeld daar opgemerk.

Carel van der Merwe, ‘n bekende in Baardskeerdersbos, vertel dat die ou pad na Napier in daardie jare voor die deur van die huis verbygeloop het en dat daardie deel destyds as die "middedorp" van Baardskeerdersbos beskou is.

Helena Swart, ook ‘n bekende van Baardskeerdersbos, het die Baardskeerdersbos Geskiedenis-dokument van die dorp beskikbaar gestel.

Erf No. 41 in die dokument bevat ‘n foto van die huis ter sprake  soos in 1938, wat toe reeds verwaarloos was en in die dokument opgeneem is. Dit het gedien as ‘n voorbeeld van die karaktervolle boustyl in die 19de en vroeë 20ste eeu en is as waardevol in die dokument beskryf.

B’Bos erfenishuis op in vlamme

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles