Nootlegging vir Calvin

Nootlegging vir Calvin

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n 110 jaar tekening op die vloer by Laerskool Gansbaai is vir die skool se 110de verjaardag op Maandag, 24 Oktober 2016 netjies met note uitgepak.

“Hierdie gebaar val saam met ons 110 jaar se bestaan en as deel van ons feesvieringe het ons as personeel besluit om iets in die gemeenskap terug te ploeg,” vertel Marlene Koekemoer, onderwyseres by die skool.

Aangesien Calvin Olivier ‘n oudleerder van Laerskool Gansbaai is, het die personeel besluit om ‘n nootlegging ten bate van hom te reël.

Ten tye van sy ernstige motorongeluk vroeër vanjaar was hy ‘n Graad 11 leerder aan Hoërskool Bredasdorp. 

Na die ongeluk gedurende die Paasnaweek, was hy vir drie maande in intensiewe sorg en daarna vir ‘n verdere vier maande in ‘n rehabilitasiesentrum. 

Sedert verlede week is Calvin permanent as ‘n kwadrupleeg tuis.

Tydens sy besoek aan Laerskool Gansbaai verlede Vrydag, 21 Oktober het hy die kinders geïnspireer met sy positiewe gesindheid.

Met die nootlegging wat gereël is, is die pragtige bedrag van R4 120 ingesamel.

“Ons as skool is baie dankbaar vir elke kind en personeellid se bydrae en dit was ‘n besondere voorreg om hierdie mooi bedrag aan hom te kon oorhandig,” het Marlene gesê. “Ons beste wense vergesel Calvin en ons sal ook aan hom dink met sy skoueroperasie volgende maand.”

Nootlegging vir Calvin

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles