‘n Groep leerders van Laerskool Gansbaai het Vrydag, 21 Oktober aan die Top 10 Atletiekbyeenkoms in Bredasdorp deelgeneem.
Sowat vyftien laerskole het aan die byeenkoms deelgeneem.
Laerskool Gansbaai se beste presteerders in (alfabetiese volgorde) is Adrian Hage (0/13), AJ Bosch (0/12), Anrie van Niekerk (0/12), Caitlyn Otto (0/13), Charl Eksteen (0/12), Daniel Hanekom (0/11), Dehan Botha (0/13), George Groenewald (0/12), Jurie-Johann Groenewald (0/13), Karli-Mari Geldenhuys (0/11), Kyra van Niekerk (0/12), Nadia Jantjies (0/11), Nadia Pieterse (0/12) en Nadine Groenewald (0/12).
Die volgende leerders het ook met hul addisionele prestasies uitgeblink: AJ Bosch (3de, Spiesgooi 0/12), George Groenewald (1ste, Diskus 0/12), Anrie van Niekerk (2de, Spiesgooi 0/12) en Caitlyn Otto (3de, 400m en Spiesgooi 0/13).