Tuinmaak het terapeutiese waarde

Tuinmaak het terapeutiese waarde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mathilda Roos van Groeneweide Kwekery het die terapeutiese waarde van tuinmaak, veral ook op klein skaal, aan die vrouens van die Bietoubos Damesklub van  Perlemoenbaai  en  De Kelders tydens ‘n byeenkoms op 11 Oktober 2016 gedemonstreer.

Die groep vrouens was aangenaam verras oor wat alles in die lyn van tuinbou op klein skaal gedoen kan word, selfs ‘n mini-kruietuin in ‘n groterige bak - sommer naby aan die kombuis.

Sy het met geoefende hande gewys hoe die plantjies se wortels eers effens losgemaak word voordat dit geplant word.

‘n Verdere nuttige wenk is dat grond nie noodwendig gespit moet word nie, maar net wanneer nodig van bo af om plantvoedsel by te voeg.

Mathilda het ook ter illustrasie kruieplantjies saamgebring, soos pietersielie, basillekruid, marjolein, bonekruid, tiemie, roosmaryn, mint en pennyworth en die nodige gebruike daarvan verduidelik.

Ná die interessante en leersame demonstrasie is die Bietoubos-tradisie voortgesit deur gesellig by mooi versierde tafels saam te kuier en die verleidelike verversings te geniet. Die twee gasvrouens vir die byeenkoms was Leonie Botha en Mariana van der Merwe.

Nou wag nog net hulle afsluitingsfunksie op 8 November 2016 en navrae kan aan Elizma de Lange by 028-3841963 of 082-511-2743 gerig word.

Tuinmaak het terapeutiese waarde

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles