Marlene - uitnemende ‘juffrou’

Marlene - uitnemende ‘juffrou’

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Marlene Koekemoer van Laerskool Gansbaai het die uitnemende prestasie behaal om in die tweede posisie te eindig vir Uitnemendheid in Laerskool Onderrig op provinsiale vlak (Wes-Kaap).

Daarvoor het sy R7 000 as ‘n geskenkbewys van “ICT Service Provider” ontvang, asook ‘n R5 000 geskenkbewys vir die skool.

Aanvanklik was Marlene ‘n genomineerde kandidaat vir die Nasionale Onderwys-toekennings vir 2016. Op 26 Augustus is sy tydens ‘n prestige funksie as wenner van die Overberg-distrik in die kategorie Uitnemendheid in Laerskool Onderrig aangewys. Daar het sy R4 000 as geskenkbewys van “ICT” ontvang, asook ‘n geskenkbewys van R6 000 vir die skool.

Die Provinsiale paneel het haar op Woensdag, 21  Augustus 2016 besoek en die onderhoud met haar het die volgende behels: ‘n Powerpoint-aanbieding van 15 minute, wat voor die onderhoud voorberei moes word; ‘n onderhoud  van 20 minute met die paneel; die paneel het haar klaskamer besoek terwyl sy ‘n les aangebied het; ‘n onderhoud is daarna met die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe gevoer; die paneel se fotograaf het in Oktober foto’s van haar kom neem waar sy in aksie voor haar klas staan.

Daarna het die Toekenningsaand op Vrydag, 4  Oktober 2016 gevolg, met die tema: “Our Teachers: Our Olympians”.

Die kandidate is deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement in Pinelands City Lodge trakteer.

Marlene sê hulle is soos VIP’s na die venue vervoer. Daar kon hulle ‘n glasie vonkelwyn saam met Debbie Schafer en Brian Schreuder geniet, waarna ‘n drie-gang maaltyd voorgesit is.

Tydens dié prestige-aand is Marlene vereer  as naaswenner  vir Uitnemendheid in Laerskool Onderrig op Provinsiale vlak, Wes-Kaapse Onderwys.

Marlene - uitnemende ‘juffrou’

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles