Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dr Lisel Joubert, ‘n plaaslike teoloog, wat in 2013 met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys  vir debuutwerk bekroon  is, het Donderdag, 10  November 2016, die laaste een van haar nuwe reeks boeke vrygestel.

Die boek, Kleurmeditasies vir Kerstyd (Geloofsgedagtes), is tydens ‘n geselligheid by Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch bekend gestel.

Lisel het in 2016  aan die reeks van vier inkleurmeditasieboeke begin werk.

Soos die res van die reeks, is die boek gevul met handgetekende gebedsprente deur Nico Simpson van Bybelmedia.

Die vorige drie uitgawes in die reeks is Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase (Februarie 2016), Kleurmeditasies vir Pinkster (Mei 2016) en Kleurmeditasies vir Koningkrykstyd (Augustus 2016).

“Ek glo dat hierdie reeks inkleurmeditasieboeke met vrug deur die jaar gebruik kan word,” het Lisel gesê. “Die Kersfees weergawe wat nou verskyn het, kan die gebruiker van die boek by die verlange en viering van Advent en Jesus se vleeswording laat stilstaan.”

Elke boek bestaan uit negentig meditasies, waartydens lesers stiltyd kan deurbring. “Sodoende word die hele liggaam by die stilwordmoment van elke dag betrek.”

In 2015 het Lisel nog ‘n boek die lig laat sien: God van die Woestyn - ‘n ruimte van ontmoeting, verrassing en hoop, waarin daar nuut na die verhaal van Hagar gekyk word.

Lisel is een van Gansbaai NG-gemeente se voltydse leeraars.

Die titel van haar eerste, bekroonde boek was Ontmoeting met die Heiliges - Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het.

Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles