Laerskool Gansbaai het sy atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit met die aanbieding van hul vyfde jaarlikse Agri Atletiek-byeenkoms.
Vyf skole het aan die byeenkoms deelgeneem, nl Laerskool Gansbaai, Laerskool Bredasdorp, Gansbaai Primêr, Laerskool Okkie Smuts en De Bron Primêr.
“Met hierdie suksesvolle aanbieding en ons atlete wat goed presteer het, het ons die atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit,” het mnr Eben van der Merwe, skoolhoof, gesê. “Dit was ook die ideale geleentheid vir die Oueronderwysersvereniging om hul jaarlikse Mini-basaar te kon aanbied.”
Mnr Albert Myburgh, verteenwoordiger van Overberg Agri Versekering, was die eregas en Laerskool Gansbaai se atlete het nie teleurgestel nie.