Fotograwe sit hul kameras neer om gesellig te braai

Fotograwe sit hul kameras neer om gesellig te braai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se kameraklublede het verlede week hul kameras neergesit, hul oë laat rus en hul jeukende vingers van hul duur toerusting weggehou – en soos dit ‘n Suid-Afrikaner betaam, hul jaar afgesluit met ‘n braai.

Die funksie op 25 November is by Groeneweide Kwekery gehou.

Die 2016-bestuur het  klublede verras met  sertifikate en pryse vir hulle toegewydheid gedurende die jaar.

Die toekennings was soos volg: Riaan Jacobs (beste landskapfotograaf); Gerrie van Aswegen (beste wildlewe fotograaf); Hardus Botha (joernalistieke uitmuntendheid); Marc du Plessis (mees toegewyde lid); Piet Visagie (mees kreatiewe fotograaf); Jane Bailey (mees entoesiastiese fotograaf); Annetjie Visagie (beste vordering in klub); Christo Wessels (mees ondersteunende fotograaf); Robert Johnson (fotograaf van die Jaar); Nelleke van der Brugge (sosiale vlinder); Trienke Laurie (opkomende fotograaf); Mimmie Pienaar (opkomende fotograaf); Veronica du Plessis (mees toegewyde lid).

“Die afgelope twee jaar was ‘n opwindende tydperk vir ons klub en die lede wat tans aktief deelneem, het baie tot die sukses van die klub bygedra en die gehalte van die lede se foto’s het noemenswaardig verbeter,” het die uittredende voorsitter, Riaan Jacobs gesê.

Gansbaai Fotografieklub se nuutverkose bestuurslede vir 2017 is: Veronica du Plessis (voorsitter); Nelleke van der Brugge (tesourier en sekretaris); Marc du Plessis (media); Robert Johnson (opleiding en beoordeling); Riaan Jacobs (uitstappies en publisiteit).

Fotograwe sit hul kameras neer om gesellig te braai

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles