Junita Maree, eienaar van Visions Haarsalon glo dat Melody du Plessis Dean, wat drie jaar gelede by haar kom aanklop het vir werk, met ‘n doel gestuur is.
Junita het die salon in 2006 oopgemaak en dit het jaarliks van krag tot krag gegaan.
Vandag is daar drie voltydse haarkapsters en vir hulle en hul kliënte is dit ‘n hawe van lag, huil en laf wees.
Junita se gesondheid het die afgelope tyd egter drasties agteruitgegaan en Melody neem as eienaar oor op 23 Desember.
“’n Nuwe seisoen het nou vir my aangebreek in Gansbaai”, sê ‘n baie bewoë Junita. “Ek wens Melody en Gail ‘n mooi pad saam toe.” Junita praat van haar Vision-span haarkapsters wat oor jare heen steeds ‘n besondere band het. Sy sê hoewel elkeen hul eie rigting ingeslaan het, bly hulle ‘n hegte groep met ‘n gemeenskaplike liefde vir die salon.