Goue Hande reik uit met hul goue harte

Goue Hande reik uit met hul goue harte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se Goue Hande kan met reg as Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se ‘fondament’ beskou word.

Hulle het HaS se inwoners  weer vanjaar bederf met ‘n Kersfunksie op Woensdag, 30 November.

HaS se inwoners  het hartlik saam Kersliedere gesing. Lede van Goue Hande het tussen die bejaardes stelling ingeneem om te help noot hou. Aletta Lochner het die groep op die klavier begelei.

Goue Hande het spesiaal Hoor die Blye Engele Lied vir hulle gesing voordat daar gesellig saamgekuier en geëet is .

In 2014 is  Goue Hande deur Badisa as die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - voorwaar ‘n welverdiende prestasie.

Die sameroeper, Francia van Dyk, vertel dat ‘n groep dames sowat een en twintig jaar gelede die gedagte van groter diensbaarheid teenoor HaS bespreek het. 

Die woord is by die daad gevoeg en op 18 Mei 1995 het vier en veertig belangstellendes vir die eerste amptelike vergadering by HaS bymekaargekom. 

‘n Kompetisie vir ‘n geskikte naam is uitgeskryf en Doreen Schwartz, HaS se voor-malige kok, het die naam “Goue Hande” voorgestel, wat aanvaar is. 

Doreen het op 28 Februarie 2015, ná 40 jaar diens, by HaS afgetree.

Goue Hande se dienste en ondersteuning aan HaS het al wyer en wyer begin strek en tans word ‘n groot hoeveelheid projekte en dienste ten bate van HaS se inwoners aangebied.  

Enkele voorbeelde hiervan is die jaarlikse HaS Basaar, fondsinsamelingsprojekte, ‘n haarsalon, voet- en naelversorging, speletjiesdae, oefeninge, binnenshuise wintersportdae, spesiale funksies en vele meer liefdesdade.

Goue Hande reik uit met hul goue harte

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles