Ouma Lida kuier in pikkewynland

Ouma Lida kuier in pikkewynland

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is paartyd op Dyer-eiland en die bewaringspan van die African Penquin & Seabird Sanctuary het agtergekom dat die ouers nie behoorlik na hul jong pikkewynkinders omsien nie.

Sowat sestig Afrika pikkewyntjies is verlede week aan land gebring en geniet “hotelverblyf” by die bewaringsentrum.  Die Afrika pikkewyn is ‘n bedreigde spesie.

Die sentrum wat deel uitmaak van die Dyer Island Conservation Trust, is in Februarie 2015 amptelik geopen.

Dit was ‘n droom wat waar geword het vir Kleinbaai se bekende entrepreneur en bewaringslegende, Wilfred Chivell. op wie se inisiatief die sentrum ontstaan het.

Hierdie bewaringsprojek is vir Wilfred “die stem van hierdie spesie wat nie vir hulself kan praat nie”.

Die sentrum is gedurende Desember daagliks van 09:00 tot 17:00 oop vir die publiek en werklik ‘n besoek werd! 

Ouma Lida kuier in pikkewynland

Haar kleinkinders  het  vir  haar  89ste verjaardag in Mei vanjaar ‘n pikkewynhuis gekoop en na hulle ouma vernoem.  Ouma Lida van Staden het eers verlede week die geleentheid gekry om te gaan kyk waaroor die bewaringsgeskenk nou eintlik gaan toe sy in Gansbaai kom kuier het. Haar besoek aan die African Penquin & Seabird Sanctuary was vir dié wyse gryse dame baie interessant, aangesien daar ‘n hele klompie jong pikkewyntjies gearriveer het wie se ouers nie na hulle omsien op Dyer-eiland nie. 

Die moderne, ruim sentrum is beslis ‘n besoek werd.  Neem gerus u gesin en gaan leer meer oor dié belangrike bewaringsprojek.  Dit is geleë op pad vanaf Gansbaai na Kleinbaai – draai links op die Franskraalpad waar die ingang is.  Daar is op die koop toe heerlike koek en koffie te koop, vanwaar jy  die koddige, regop pikkewyne kan sit en dophou.

Ouma Lida kuier in pikkewynland

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles