Vissers sê dankie

Vissers sê dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaarlikse vissermans dankseggingsdienste wat gesamentlik deur alle denominasies in Gansbaai hawe aangebied word,  speel ‘n groot rol in Gansbaai se vissersgemeenskap.

Tydens dié diens word dankie gesê vir ‘n goeie oesjaar op see, asook die veilige bewaring van die skepe en bemanningslede.

Onder begeleiding van die Gansbaai AGS-gemeente se orkes en koor het die lofliedere in Afrikaans en Engels elkeen teenwoordig, diep geraak.

Die begeleiers was Robert Johnson, pastoor Beryll Coetzer, Mariëtte Zeelie, Mike Schröder, Ben Smith en Adri Ehlers.

Na afloop van die musikale lofprysing, het pastoor Frikkie Zeelie van die AGS-gemeente en ds Deon Kloppers van die O.M.G.E.E. gemeente  die toehoorders onderskeidelik in Afrikaans en Engels bedien. 

Altwee leraars se boodskappe het die klem geplaas op God se voorsiening wat op die regte tyd plaasvind – ook almal se veiligheid op see, maar ook dat Hy te alle tye geken moet word.

Pastoor Zeelie sorg  elke jaar na afloop van die hawediens dat die kinders bederf word met lekkernye. Vanjaar was dit Flippie Otto se beurt om die lekkernye uit te deel.  Die opgewondenheid en breë glimlagte van die jongklomp dra altyd by tot die feestelike atmosfeer op die hawe.

Die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens vir die nuwe visvangseisoen, sal  Sondag, 15 Januarie 2017 om 19:00 in Gansbaai hawe aangebied word.

Vissers sê dankie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles