Herberg-aan-See borgdag lok ‘n veld van twee-en-vyftig spelers

Herberg-aan-See borgdag lok ‘n veld van twee-en-vyftig spelers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Woensdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur WJM Roberts met 52 punte, gevolg deur Piet du Toit 42, Steve Muller 40, Etienne Engelbrecht 40, Dawie Viljoen 38, Charlie Bent 38, Johannes van der Walt 38, El Matthee 38, Leon Hattingh 37, George Hunt 36. Naaste aan die penne was Hennie Walters op no’s 2 en 11, L Sandersen op no’s 8 en 17 en P Sanderson (Jnr) op no 15.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur F van Eeden met 25 punte, gevolg deur ET Engelbrecht 19, E Engelbrecht 19, Daniel van der Merwe 18.

Spog Twee’s word aangeteken deur ET Engelbrecht (15 en 11),  F van Eeden (17) en Daniel van der Merwe (18). Frikkie van Eeden was naaste aan die pen op no 17.

Saterdag het 52 spelers aan die Herberg-aan-See Gholfdag deelgeneem.

Francis Strydom en haar span het ‘n heerlike ontbyt voorgesit en ook na die wedstryd gesorg vir worsbroodjies – alles met die komplimente van ons plaaslike OK Foods. Die kompetisie was ‘n 2-Bal Samespel Stableford en die wenners vir die dag was Francois van der Merwe en Lieb Louw met 51 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht en E Engelbrecht (Jnr) 46, Louis van der Vyver en Pierre Lombard 46, Andre Roos en Sextus Neethling 45, M Rossouw en AC van der Westhuizen 45, Daniel van der Merwe en Jakkie Beukes 44, Leon Lombard en Frikkie van Eeden 44, Deon Coetzee en Dirk van Dyk 44, Neil Harrison en Charlie Bent 44, Melvin Tobias en El Matthee 44. Naaste aan die penne was Daniel van der Merwe op no’s 2 en 11, Tonie Erasmus op no’s 8 en 17 en P Wagenaar op no 15.  Ons opregte dank en waardering teenoor elkeen wat hierdie fondsinsameling ten bate van Herberg-aan-See ondersteun het. Dit was ‘n reuse sukses.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford. Moet dit nie misloop nie – daar is baie pryse om te wen.

Woensdag (28ste) word die Interdorp gespeel en Donderdag is daar die 2-Bal Samespel Stableford waar spelers die beste dryf kies.

Die komitee wens al ons lede en besoekers ‘n Geseënde Kersfees toe.

Johan Coetzee
082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Herberg-aan-See borgdag lok ‘n veld van twee-en-vyftig spelers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles