Skole vuur en vlam vir 2017

Skole vuur en vlam vir 2017

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai en Stanford se laerskole is vuur en vlam en behoorlik gerat vir 2017.

Tydens Gansbaai Courant se besoeke aan die onderskeie laerskole, is slegs positiewe boodskappe oor 2017 se verwagtinge gehoor. Alles is gereed en in plek en klasse kon sonder enige oponthoud begin. Die skoolhoofde het ook hul opgewondenheid oor die nuwe skooljaar uitgespreek en ‘n beroep op die gemeenskappe en ouers gedoen om hulle in alle opsigte te ondersteun.

Enkele statistieke van die omgewing se laerskole is ingewin. Getalle kan nog wysig met verwysing na laat inskrywings.

Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai se skoolhoof, Eben van der Merwe, het ‘n personeelkorps van 18 onderwysers en 1 vir remediërende onderwys. Hierdie span is vanjaar verantwoordelik vir die opvoeding van 355 leerders. Die skool het vanjaar 48 leerders in graad 7, met 38 graad R leerders wat ingeskryf is. Lyndri Kotze (Gr R.2) en Jolinda Avenant (Gr R.1) is vir die nuwe outjies se opvoeding verantwoordelik. Die res van die personeel, sekretaresse en ander, bestaan uit 5 werknemers.

Gansbaai Primêr (Blompark)

Tommy Volkwyn, skoolhoof, en Neil Pedro, adjunk-hoof, en hulle span van 13 onderwysers, 1 beheerliggaam opvoeder, 2 leerondersteunende personeellede en ‘n assistent is verantwoordelik vir die opvoeding van 593 leerders, asook 14 leerders in die Bronklas. Die res van die personeelkorps bestaan uit ‘n sekretaresse en 5 ander werknemers.

Vanjaar is daar 73 graad 7 leerders wat volgende jaar hoërskool toe moet gaan.

Karen Benjamin (Gr R.2) en Helena Slammat (Gr R.1) is verantwoordelik vir die skool se 60 graad R leerders.

Masakhane Primary School

Masakhane Primary School se skoolhoof is Maxwell Mdini en sy Adjunk-hoof is MacDonald Mciteka. Hulle en hul span van 22 opvoeders is verantwoordelik vir die opvoeding van 747 leerders, waarvan 60 leerders in graad 7 is. Administratiewe- en ander werknemers is 8.

Ellen Pato (Gr R.a) en Xoliswa Hoza (Gr R.b) is vir die opvoeding van 52 nuwe graad R’e verantwoordelik.

Die Bron Primêre skool (Stanford)

Die Bron Primêre skool in Stanford, ‘n dubbel medium skool, se skoolhoof, Lionel Pedro loop oor van entoesiasme vir 2017 en het na verskeie nuwe planne met die skool verwys. Saam met sy Adjunk-hoof, Marieta Maree en 20 onderwysers is hulle verantwoordelik vir die opvoeding van 489 leerders. Die res van die personeellede, administratief en ander, is 6 werknemers. Die skool het vanjaar 46 graad 7 leerders. 

Cherine Lucas (Gr R.a), Kariewa Dreyer (Gr R.b) en Nonkosnathi (Gr R.c), asook hulle assistente Robin Dreyer en Madine Maans het vanjaar 53 graad R’e om na om te sien. Dit is ‘n meertalige skool waar voorsiening vir Afrikaans, Engels en Xhosa gemaak word.

Laerskool Okkie Smuts (Stanford)

Laerskool Okkie Smuts in Stanford het vanjaar 261 leerders - die meeste nóg. Kobus Koekemoer (skoolhoof) en sy tweede in bevel, Christien Haxton het ‘n span van 10 onderwysers en 5 ander werknemers. Die speelgroep wat vanjaar ingeskryf is, is 9 kleuters en 20 graad R leerders wat nou in die “groot” skool is.

Graad 7 leerders vir volgende jaar se hoërskoolloopbaan is vanjaar 27.

Die nuwelinge vir 2017 bestaan uit 9 kleuters in die speelgroep en 20 graad R leerders. Sue van der Berg is vir die   Afrikaanse klasse van graad RR en Gr R verantwoordelik en Belinda Taberham vir die Engelse graad RR en graad R klasse.

Die skool het ook ‘n koshuis wat vanjaar bykans vol is. Daar is plek vir 60 koshuisleerders en daar is reeds 58 wat ingeskryf is. Die koshuisvader en -moeder is Gerrie en Adanna Geldenhuys.

Skole vuur en vlam vir 2017

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles