Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se befaamde fotograaf, Hugh-Daniel Grobler is ‘n ware aanwins vir die dorp.

Hy mag maar spog met vele groot pryse en prestige toekennings vir uitmuntende fotografie agter sy naam en waarmee hy ook al Gansbaai se naam hoog gehou het in menige tydskrifte.

‘n Paar kompetisies waar hy as wenner uitgetree het, is: Die Tamron-kompetisie, Shoot to Thrill; die tydskrif Weg se Foto van die Jaar; ‘n Camera Land kompetisie; Wild Fruit Juice se kompetisie; ZigZag Magazine en Die Burger en Cape Union Mart se natuurfotokompetisie.

Watersuiwering

Nog ‘n trotse en onlangse prestasie is ‘n prestige toekenning as “Beste Proseskontroleur Watersuiwering” wat hy saam met sy kollega, Farral Hendricks, ontvang het.

Hugh-Daniel is in Secunda, Mpumalanga Provinsie gebore, maar is reeds sedert 1990 ‘n Gansbaaier, waar hy ook sy skoolloopbaan deurloop het.

In 2007 het hy ‘n pos by Gansbaai Munisipaliteit se Watersuiweringswerke aanvaar, maar is met ingang van 1 November 2015 na Veolia Water Solutions uitgekontrakteer, wat nou sy werkgewer is.

19 Maart 2016 was egter die hoogtepunt in Hugh-Daniel se  lewe. Hy en  Johanndré de Wet, ook ‘n Gansbaaier en ook ‘n aanwins vir die dorp, is so stil-stil in die huwelik bevestig.

Dit was ‘n intieme strandtroue by Romansbaai wat deur  Pastoor Frikkie Zeelie van Gansbaai AGS-gemeente  voltrek is.  Die onthaal is by die onthaalsaal van die ewe befaamde en bekroonde Strandskloof Karavaanpark aangebied.

Johanndré se ouers is Bendie en Karen de Wet, voorheen van Gansbaai, maar hulle woon sedert November 2016 in Baardskeerdersbos.

Die egpaar het gedurende Julie 2016 ‘n huis in Gansbaai gekoop en sê hulle is nou behoorlik gevestig.

Befaamde fotograaf is 'n aanwins vir sy dorp

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles