Laerskool Gansbaai is bedrywig

Laerskool Gansbaai se atlete het uitstekend in verskeie groot byeenkomste presteer. Die volgende atlete het Saterdag, 25 Februarie 2017 aan die Boland Atletiekbyeenkoms  by die Daljosafat Stadion in die Paarl deelgeneem:

Veld items: Henning Nowers, Nel Stieger, Gené Cornelius, Karli-Mari Geldenhuys, Daniel Hanekom, Anrie van Niekerk, George Groenewald, Nadia Pieterse, AJ Bosch en Janka du Toit.

Baan items: Joy Hans, Gené Cornelius, Nieldré Groenewald, Monique Hugo en Nadia Pieterse.

Die meegaande foto’s is ‘n goeie aanduiding van hoe besig die skool se atlete is.

ASLA Atletiekbyeenkoms - Dinsdag, 14 Februarie 2017 in die Strand. Voor van links: Kobus van Staden, EJ Poole en Lara Warren.  2de ry van links: Joy Hans (1ste: 80m), Joani-lee Vos, Jean-Lee Warren, Miela du Toit en Lanika Mostert.  3de ry van links: Blanché Steynberg, Gené Cornelius, Francois Goosen, Hayward Valentine, Alexa Collins en Leandré Lourens. Agter van links: Ralph Smit, Veno van Vuuren (3de: Aflos), Jade Joubert, Nadine Groenewald, Jason Snoegella en Karli-Mari Geldenhuys.
Nog ‘n groep atlete wat aan die Overberg (Suid-Boland) Atletiek-byeenkoms Saterdag, 18 Februarie 2017 in Grabouw deelgeneem het: Baan Items – voor van links:	Johandré Wessels, Gideon Scheepers, Ralph Smit, Landré Lourens en Joy Hans. Middel van links: André Geerdts, Hayward Valentine, Gavin Middleton en Jaydene Pieterse. Agter van links: Gené Cornelius, Megan Kruger, Nieldré Groenewald, Monique Hugo, Charl Eksteen, Kyra van Niekerk, Veno van Vuuren, Nadia Pieterse, AJ Bosch, Tristan Tayob, Leighton October en Blanché Steynberg.
Krieket: Stefan Stieger (o/9), wat gekies is vir die o/11 Suid-Boland Krieketspan.  Stefan het reeds in sy eerste wedstryd vir Suid-Boland 2 paaltjies teen Wynland gevat.
Atlete wat Saterdag, 18 Februarie 2017 aan die Overberg (Suid-Boland) Atletiekbyeenkoms  in Grabouw deelgeneem het: Veld Items - Voor van links Ralph Smit en Henning Nowers. Middel van links: Lisa Wolhuter, Nel Stieger, Gené Cornelius en Karli-Mari Geldenhuys.  Agter van links: Philip Colyn, Megan Kruger, Daniel Hanekom, Anrie van Niekerk, George Groenewald, Nadine Groenewald, Nadia Pieterse, AJ Bosch en Janka du Toit.
Swem: Nevellia October het Saterdag, 18 Februarie 2017 saam met Shereen van der Merwe aan 'n swem marathon (500m "Fun Swim") deelgeneem en  'n tyd van 21:42 min. behaal.