Opgewondenheid tussen Gansies

Opgewonde leerders van die Laerskool Gansbaai was in hul skik met die kleurvolle kosblikke en liniale wat hulle ontvang het. Desiree van Zyl, Bestuurder van Mr Video, Gansbaai het Vrydag, 17 Februarie, 90 kosblikke en 145 liniale aan die leerders uitgedeel.

Die eienaar van Mr Video, Werner van der Vyfer, van Durbanville, het gesê die leerders is sy “klein kliënte” en moes beloon word, maar hy wil ook graag terugploeg in die gemeenskap.

Op die foto is die Graad 4.2 leerders, met Desiree van Zyl op die inlasfoto. 

 Op die foto is die Graad 4.2 leerders, met Desiree van Zyl op die inlasfoto. 
 Op die foto is die Graad 4.2 leerders, met Desiree van Zyl op die inlasfoto. 
GansbaaiCourantNew