Skemerstap herinner aan volksliedjie

Skemerstap herinner aan volksliedjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aanstap Rooies – dit was in hierdie gees van die ouetydse Volksliedjie dat die jaarlikse skemerstap op die 1ste dag van Maart aangepak is.

Dit was ‘n pragtige dag en die groep van sowat 70 deelnemers kon die sonsondergang vanaf Kleinbaai se sleephelling, kuslangs tot by die Strandveld museum geniet.

Die jaarlikse stapgeleentheid is ook ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur Gansbaai Goue Hande ten bate van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes gereël word.

Terwyl die inskrywingsvorms voltooi is, is die groep met ‘n glasie vonkelwyn verwelkom.

Die stappery word jaarliks gekenmerk deur gesellige samesyn en ‘n padlangse gekuier, sodat stappers nie eers agterkom hoe ver hulle eintlik stap nie.

By die Strandveld museum is daar wel sommiges wat met ‘n gekreun en ‘n gesteun tot ruste kom en op die grasperk neerval of in gemakstoele neersak.

Dit is egter alles die moeite werd, aangesien die geleentheid afgesluit word met eet- en drinkgoed,  en as ‘n ekstra verrassing  word  paaseiers uitgedeel, waarna daar nog lank – soos wat jy net in die mooie Kaap kan doen - op die grasperk gekuier word.

Skemerstap herinner aan volksliedjie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles