Pa en dogter open nuwe PostNet

Pa en dogter open nuwe PostNet

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Welkome toevoeging tot ons dorp se besighede is die konsessiewinkel, PostNet, wat in die Great White Junction oopgemaak het.

Agter die stuur van hierdie moderne onderneming staan ‘n gebore Gansbaaier, Rikkie Groenewald en sy oudste dogter, Adel Klotz.

Rikkie se pa, Pilla (95) is die eienaar van die bekende vistreiler, Berggans. 

Sover bekend is Oom Pilla die oudste lewende, gebore Gansbaaier, asook die oudste, lewende skolier van Laerskool Gansbaai.

Pilla het natuurlik ook hier sy skoolloopbaan voltooi.

Adel woon sedert 2008 in Gansbaai en haar twee oudste kinders sit die Laerskool Gansbaai tradisie voort, met haar 12-jarige seun, Janiel (Gr 6) en 9-jarige dogter, Aldoné (Gr 3) wat ook hier skoolgaan.

Rikkie was vir ‘n groot gedeelte van sy beroepslewe as kernfisikus betrokke by Koeberg Kragsentrale. 

Hy en sy gesin het in 1997 na Phalaborwa verhuis waar hy as fisikus by ‘n kopermyn werksaam was.

Die see het hom teruggeroep en hy en sy vrou, Lynette het in 2003 hier kom aftree.

Rikkie was egter gou verveeld en het met ‘n skadunetbesigheid begin wat later van tyd deur sy seun Francois oorgeneem is.

Na baie navorsing en oorweging het Rikkie vir Adel gesê hulle moet ‘n  PostNet oopmaak, en dat hy dit met, of sonder haar sou doen.

Adel vertel laggend dat sy aan ‘FOMO ly. - “fear of missing out” - en sy het met baie vertroue in haar pa, vinnig op die PostNet-wa gespring.

Adel is met Cristiaan Klotz, ‘n ‘Suidwester’, getroud, wat homself sedert 2009 in Gansbaai bevind.

Die PostNet-pa en -dogter span staan gereed om hul klante vriendelik van hulp te wees en beoog om die gemeenskap van uitstekende koerierdienste, wye formaat- en verwante drukwerk, kopieerwerk, laminering, bindwerk en fotodrukwerk te voorsien. 

‘n Verskeidenheid van skryfbehoeftes is ook beskikbaar.

Hou gerus hulle reeks dop!!

Pa en dogter open nuwe PostNet

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles