Nuwe voorlopers by kushengelklub

Nuwe voorlopers by kushengelklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Oubaas Lesch (1ste posisie), Sihan Toua (2de) en die vorige punteleier, Johan van Romburgh (3de) is die Overberg Hengelklub se nuwe voorlopers na afloop van Saterdag, 27 Mei se kompetisie.

Oubaas en Sihan, wat nie ver agter Johan was nie, het seker gemaak hulle slaan munt uit die handbesering wat hy opgedoen het.

“Johan het ongelukkig vergeet die vis moet gevang word en nie hyself nie,” vertel Frans Claassen (voorsitter) met die tong in die kies.

“Hy het ‘n ongemaklike wond aan sy hand opgedoen toe hy homself met die eerste gooi van die oggend met die hoek gehaak het. Nou wonder ek net of dit aan ‘n bietjie senuweeagtigheid oor die paar manne wat kort op sy hakke was, toegeskryf kan word.”

Frans beskou die kompetisie as suksesvol, ondanks die rooigety wat die vis skaars gemaak het. Hy sê hulle het hoofsaaklik oos van Franskraal, in die rigting van Rietfontein, gehengel.

Gelukkig is ‘n paar mooi galjoene, ‘n pragtige steenbras, hangbergers en kolsterte gevang.

Na die hengel was dit rugbytyd en daar is ‘n “Pawiljoentjie” by die klubhuis “gebou”.  Die Stormers het egter teleurgestel.

Die gesellige prysuitdelingsfunksie het gesorg dat die Stormers gou vergete was.

Die OK Liquor Store prys vir die grootste vis is deur Oubaas Lesch gewen, asook die Fish Fever prys vir die kampioen van die dag. Die Gansbaai Elektries prys vir die reserwe kampioen is deur Louis Otto gewen.

Daarna is daar tot “ounag” toe gebraai en saamgekuier, met talle stories oor “daai” grote wat weggekom het!

Nuwe voorlopers by kushengelklub

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles