Leerders reageer flink op noodkrete

Leerders reageer flink op noodkrete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar word gesê: vra is vry en weier daarby. 

Dit was dus vir Madelein Fourie en Alanda Brown van Badisa ‘n uitdaging om Laerskool Gansbaai se hoof te nader om te help met die voedselnood wat dié organisasie gedurende winter-maande ondervind.

Die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe het hulle egter met ope arms ontvang en 2 weke lank is ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur vir die insameling van nie-bederfbare kruideniersware.

Die bydraes van ouers en hul kinders was geil en dit is duidelik dat hierdie gemeenskap vir sy medemense omgee.

Kort voor lank was daar 7 groot kartondose vol nie-bederfbare produkte.

Madelein en Alanda was oorstelp met die ‘bakkie vrag’ voedsel vir hulle noodkamer - net betyds vir  die koue winterseisoen.

BADISA

Badisa is ‘n Tswana woord wat "caregiver" beteken. Dit staan vir BA (barmhartigheid), DI (diens) en SA (saam).

In kort is Badisa 'n kerk-gebaseerde maatskaplikediens organisasie wat dienste in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap lewer.

Hulle fokus op die versorging, ontwikkeling en behandeling van mense in armoede en in nood, ongeag ras, geslag, kleur of geloof.

Visie en waardes

Badisa se visie is eenvoudig, maar dit tref diep:

"Christelike Barmhartigheid - ons is 'n naaste van elkeen in nood!".

Die volgende waardes word deur Badisa gehandhaaf:

"Diensbaarheid, Geregtigheid, Uitnemendheid en Rentmeesterskap!".

Ondersteuning

Vir die ondersteuning van projekte of enige navrae kontak gerus Badisa in Gansbaai.

Leerders reageer flink op noodkrete

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles