Goud vir Pieta

Goud vir Pieta

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na maande  en baie ure se sweet in die gimnasiumsaal is Pieta Botes van Health And Active Gansbaai wat in Hoofstraat geleë is, met ‘n welverdiende eerste plek beloon. Dit was ook die eerste goue toekenning waarmee hy huiswaarts kon  keer - ‘n uitsonderlike prestasie vir die toegeweide liggaamsbouer.

Die TeamPaC span van Health and Active Gansbaai het op 2 en 3 Junie 2017 aan die “5th Battle of the Titans” vir liggaamsbouers in die Durbanville Ouditorium deelgeneem.

Die span het uit 4 Gansbaaiers bestaan: Pieta Botes, Deidre Scholtz, Gretha Hanekom en Staci Groenewald.

Dit was Pieta se derde keer om sy vernuf in liggaamsbou op die verhoog te vertoon, maar hierdie keer was hy gereed vir ‘n titaniese beeldboustryd.

Sy prominente selfvertroue, asook ‘n permanente glimlag op sy gesig, het die deurslag gegee en ook gewys dat hy werklik geniet wat hy doen.

Die gehalte van sy optrede en die uitstekende toestand waarin sy liggaam is, het soveel verbeter na sy vorige optredes, dat dit reeds voor die aankondiging van die wenners duidelik was dat hy as Nommer 1 aangewys sou word.

Deidre Scholtz is die eerste Gansbaaier wat verhoog toe gestap het. Sy het aan die “Beach Bikini” item onder 1,63 meter deelgeneem en teen 14 wêreldklas vrouedeelnemers opgetree.

Die kompetisie was uiter mate straf en die deelnemers se punte-uitslag het baie naby aan mekaar geëindig. Al het sy nie gewen nie, het Deidre haar stempel deeglik afgedruk vir iemand wat die eerste keer aan so ‘n spiermeting deelneem.

Gansbaai se Gretha Hanekom het teen 17 vroue kragte gemeet tydens ‘n taai stryd in die “Beach Bikini” item vir vroue langer as 1.63 meter.

Gretha het slegs 9 weke gehad waarin sy haarself kon voorberei en haar spanmaats is baie trots op wat sy bereik het.

Met Staci Groenewald se instap op die verhoog - ook ‘n eerste keer - het die toeskouers “histeries” geraak aldus die verslag wat ontvang is en dit het gelyk asof sy dit al vir jare doen.

Sy het soos ‘n “supermodel” aan die “Beach Bikini” item vir vroue ouer as 35 jaar deel-geneem en het die derde posisie ingepalm.

“Ons sien daarna uit om al drie hierdie Gansbaaiers weer op die verhoog te sien,” het ‘n trotse Pieta gesê. “Hulle neem net ‘n kort ruskansie voordat hulle weer vir die volgende vertoning begin oefen.”

Hy het hulle gelukgewens met die prestasies en gesê hulle het Gansbaai en die klub se naam hoog gehou met hul uitstekende vertonings.

Goud vir Pieta

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles