Goud vir Pieta

Goud vir Pieta

Gansbaai Courant

Na maande  en baie ure se sweet in die gimnasiumsaal is Pieta Botes van Health And Active Gansbaai wat in Hoofstraat geleë is, met ‘n welverdiende eerste plek beloon. Dit was ook die eerste goue toekenning waarmee hy huiswaarts kon  keer - ‘n uitsonderlike prestasie vir die toegeweide liggaamsbouer.

Die TeamPaC span van Health and Active Gansbaai het op 2 en 3 Junie 2017 aan die “5th Battle of the Titans” vir liggaamsbouers in die Durbanville Ouditorium deelgeneem.

Die span het uit 4 Gansbaaiers bestaan: Pieta Botes, Deidre Scholtz, Gretha Hanekom en Staci Groenewald.

Dit was Pieta se derde keer om sy vernuf in liggaamsbou op die verhoog te vertoon, maar hierdie keer was hy gereed vir ‘n titaniese beeldboustryd.

Sy prominente selfvertroue, asook ‘n permanente glimlag op sy gesig, het die deurslag gegee en ook gewys dat hy werklik geniet wat hy doen.

Die gehalte van sy optrede en die uitstekende toestand waarin sy liggaam is, het soveel verbeter na sy vorige optredes, dat dit reeds voor die aankondiging van die wenners duidelik was dat hy as Nommer 1 aangewys sou word.

Deidre Scholtz is die eerste Gansbaaier wat verhoog toe gestap het. Sy het aan die “Beach Bikini” item onder 1,63 meter deelgeneem en teen 14 wêreldklas vrouedeelnemers opgetree.

Die kompetisie was uiter mate straf en die deelnemers se punte-uitslag het baie naby aan mekaar geëindig. Al het sy nie gewen nie, het Deidre haar stempel deeglik afgedruk vir iemand wat die eerste keer aan so ‘n spiermeting deelneem.

Gansbaai se Gretha Hanekom het teen 17 vroue kragte gemeet tydens ‘n taai stryd in die “Beach Bikini” item vir vroue langer as 1.63 meter.

Gretha het slegs 9 weke gehad waarin sy haarself kon voorberei en haar spanmaats is baie trots op wat sy bereik het.

Met Staci Groenewald se instap op die verhoog - ook ‘n eerste keer - het die toeskouers “histeries” geraak aldus die verslag wat ontvang is en dit het gelyk asof sy dit al vir jare doen.

Sy het soos ‘n “supermodel” aan die “Beach Bikini” item vir vroue ouer as 35 jaar deel-geneem en het die derde posisie ingepalm.

“Ons sien daarna uit om al drie hierdie Gansbaaiers weer op die verhoog te sien,” het ‘n trotse Pieta gesê. “Hulle neem net ‘n kort ruskansie voordat hulle weer vir die volgende vertoning begin oefen.”

Hy het hulle gelukgewens met die prestasies en gesê hulle het Gansbaai en die klub se naam hoog gehou met hul uitstekende vertonings.

Goud vir Pieta

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles