'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nà 37 jaar in die onderwys, waarvan 28 jaar by Laerskool Gansbaai, verdien Sarah du Toit (63) sekerlik ‘n behoorlike ruskans.

Sarah het op 1 Mei 1989 by Laerskool Gansbaai as onderwyseres vir graad 2 leerders begin onderrig gee. Op 31 Mei vanjaar, 28 jaar later, het sy die tuig  neergelê.

“Van die leerders wat nou hier is, se ouers het self ook by my in die klaskamer vir onderrig gesit,” vertel Sarah.

Op Vrydag, 26 Mei 2017 het haar graad 2 leerders ‘n gesellige afskeid vir hulle juffrou gereël - met eet- en drinkgoed wat klaskamer toe gebring is. Al was dit ‘n lekker saamkuier geleentheid, was daar ook groot hartseer oor hulle juffrou wat weggaan.

Voor haar diensjare by Laerskool Gansbaai, het Sarah vanaf 1 Julie 1980 vir 9 jaar by Laerskool Okkie Smuts in Stanford, haar geboortedorp, onderrig aan graad 2 en 3 leerders gegee.

Sarah is op 21 Oktober 1955 op ‘n plaas buite Stanford gebore, waar sy ook groot geword het.

Sy was ‘n leerder aan Laerskool Okkie Smuts vanaf sub A (graad 1) tot standerd 8 (graad 10), waarna sy by Hermanus Hoërskool gematrikuleer het. Daarna is sy na die ou Onderwys Kollege in Stellenbosch vir haar onderwysdiploma.

Sarah is op 31 Maart 1984, sowat 33 jaar gelede, met Deon du Toit getroud - ook dit het in haar geboortedorp, Stanford,  plaasgevind.

Deon self is al 41 jaar in die onderwys, waarvan 6 jaar by Laerskool Okkie Smuts en 20 jaar by Laerskool Gansbaai - net mooi die omgekeerde van Sarah. Vir die afgelope 8 jaar gee hy onderrig by Gansbaai Primêr in Blompark.

Sarah se suster, Jean Hoek, ‘n dosent aan Wellington Onderwys Kollege, het op dieselfde dag as Sarah ook afgetree.

“Ons wens Sarah ‘n aangename aftrede toe en vertrou dat sy in goeie gesondheid nou sal kan doen wat sy dalk nooit voor tyd gehad het nie,” het Laerskool Gansbaai se hoof, mnr Eben van der Merwe, gesê. “Dit was vir ons ‘n plesier om haar vir 28 jaar, byna ‘n leeftyd, as deel van ons personeelkorps te kon hê.”

'Juffrou' groet na 28 jaar by laerskool

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles