Groot sokkies vir koue voete

Groot sokkies vir koue voete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

As die voete te groot is vir die wintersokkies, word daar vinnig groter sokkies gebrei - so maklik soos dit!

Dit was Marie de Jager se liefdestaak om namens die Bietoubossers wintersokkies by die Oak Grove Nasorgsentrum uit te deel, maar o wee, een paar voete was te groot en Marie moes vinnig ‘n nuwe, groter paar brei.

Vanjaar se tema vir Bietoubos Damesklub se winterprojek, was om wintersokkies  te brei. 

Die klublede vanuit De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai het altesaam 62 pare sokkies gebrei vir die bejaardes van Herberg-aan-See in die siekeboeg, asook die inwoners van Oak Grove Nasorgsentrum.

“Freddie Booysen van Oak Grove Nasorgsentrum se voete is toe te groot vir ons gebreide sokkies,” vertel Marie. “Geen probleem, ek het teruggegaan en ‘n paar ekstra groot sokkies spesiaal vir hom gebrei!”

Donasies aan bejaardes tydens die koue wintersdae en -aande is altyd welkom, maar snoesige gebreide wintersokkies of serpe is altyd ‘n bonus.

“Vanjaar was dit wintersokkies en volgende jaar brei ons dalk warm serpe,” vertel Marie.

Sy sê alle lede is betrokke by die breiprojek. Een ding is seker, 62 bejaardes gaan vanjaar se winter met snoesige, warm wintersokkies aandurf, wat aan die flukse Bietoubossers te danke is.

Groot sokkies vir koue voete

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles