Piet Visagie skep sy eie privaateiland

Piet Visagie skep sy eie privaateiland

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Drome mag maar gedroom word, anders sou daar geen nuwe uitvindsels gewees het nie.

Lede van Gansbaai Fotografieklub se opdrag was eenvoudig: Neem ‘n “before” foto en maak daarvan ‘n interessante “after” foto. Die opdrag is letterlik uitgevoer, wat heelwat interessante, maar ook komiese “after” foto’s, tot gevolg gehad het.

Die foto’s is Maandagaand, 19 Junie 2017 tydens Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms by Groeneweide Kwekery en Restaurant, beoordeel.

Dit was verbasend, maar ook insiggewend, om te sien hoe fotograwe dieselfde idee en metodes gebruik, maar dan met wyd uiteenlopende resultate vorendag kom, die een so interessant soos die ander een.

Piet Visagie se ‘Private Island’, wat hy verbeeldingryk in Franskraal vir homself geskep het, is deur die beoordelaars met ‘n goue toekening beloon en word as voorbeeld gebruik.

(Die meerderheid van die klub se fotograwe is met goud beloon). Piet se oorspronklike (“before”) foto bestaan slegs uit ‘n naamlose rotsbank wat by Franskraal bokant die see uitsteek.

Hy het besluit dit is nie sy idee van ‘n eiland nie en het nog twee foto’s gaan neem: Strandveld Museum en digte wolke in die lug. Met die regte sagteware en allerlei fotografiese truuks, is die drie foto’s ietwat aangepas en aanmekaar gevoeg.

Die resultate? Dieselfde rotsbank wat by Franskraal maar vaal in die see gelyk het, het Piet gebruik om sy eie “Private Island”, soos hy die foto gedoop het, in Franskraal te skep, met wolke in die lug en Strandveld Museum in die agtergrond. Verbeeldingryk!

Gansbaai Fotografieklub was die afgelope tyd op twee gesellige, leersame en insiggewende uitstappies. Een na Greyton (6 Mei) en onlangs na Wortelgat by Stanford (9, 10 en 11 Junie).

Piet Visagie skep sy eie privaateiland

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles