Pro-danser skaar hom by Fynbos-konsert

Kinders wat deelgeneem het aan die keuringsproses vir die konsert wat beplan word tydens die Funky Fynbos Fees, was bevoorreg om die balletdanser,  Christian Pinkerton in hulle midde te hê. 

Christian het Suid-Afrika in 2015 verteenwoordig by die Dans Wêreldbeker en met ‘n goue medalje huis toe gekom.

Hoewel Christian ‘n professionele dansloopbaan gevolg het, het hy hom ook gekwalifiseer as ‘n uitstaande masseur en refleksoloog.

Hy het ‘n praktyk in Hermanus.

Om jong aspirerende dansertjies Saterdae in Gansbaai te kom afrig, is vir hom ‘n hartstaak.  

Die jong man is nie minder nie as 7 tale magtig, waaronder Zulu, Duits en Russies.

Die groep het saam met Die Snater Teater dansers vanuit Blompark, ‘n vrolike oggend beleef in die pragtige danssaal van die Dirkie Uyssentrum, met ‘n uitsig oor die hawe. 

Dit was vir die meeste van die kinders die eerste keer dat hulle die passies van ‘n professionele danser kon aanskou.

Christopher staan hier saam met Cynthie Aggenbag (links van hom) en Lynette van Wyk (regs van hom) omring deur ‘n groep opgewonde kinders.
Christian Pinkerton hier in aksie.
Die jong ballet-dansertjie verstom haar aan al die bedrywighede.
GansbaaiCourantNew_1498818219