Maxene Valentine, Jaiden Dickson en Rineez October almal leerders van Hoërskool Hermanus het die Boland rugbyspan vir dogters o/18 gehaal.
Jaiden en Maxene is albei Gansbaaiers en is oud leerders van Laerskool Gansbaai. Rineez is afkomstig van Stanford. Hierdie talentvolle rugbyspelers gaan aan die SARU Nasionale week wat van 2 Julie strek deelneem by die HT Pelatona Projects in Welkom.
Jaiden is ook opgeneem in die Overberg netbalspan wat aan die interdistriktoernooi gaan deelneem in Wellington gedurende 20 tot 22 Julie.