Gansbaai skole maak geskiedenis

Gansbaai skole maak geskiedenis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Donderdag, 22 Junie 2017 was ‘n geskiedkundige dag vir Gansbaai se 4 skole.

Op uitnodiging van Masakhane Primary School se waarnemende skoolhoof, mnr Tommy Volkwyn, het die skoolhoofde van Gansbaai Academia (mnr Tommy Wilson), Laerskool Gansbaai (mnr Eben van der Merwe) en Gansbaai Primêr (mnr Neil Pedro) ingewillig om saam met hulle onderwyserskorps ‘n informele besoek aan Masakhane Primary School te bring - in totaal sowat 95 onderwysers.

“Die rede waarom ek vandag se bymekaarkom van die skoolhoofde en personeel van die ander drie skole geïnisieer het, was vir ‘n besigtigingstoer deur Masakhane se nuwe skool, maar ook vir interaksie tussen die skole, wat waarskynlik ‘n eerste keer in die bestaan van Gansbaai se skole is,” het mnr Volkwyn gesê.

Die groep het spontaan by mekaar aangepas en die besoekende skole se hoofde en onderwysers was verstom oor wat hulle alles gesien het.

Na afloop van die besigtigingstoer is verversings saam geniet en kon daar gesellig tussen die 4 skoolhoofde en onderwysers saamgekuier word.

Mnr Tommy Volkwyn, skoolhoof van Gansbaai Primêr is tans waarnemende skoolhoof van Masakhane Primary School en mnr Neil Predo die waarnemende skoolhoof van Gansbaai Primêr.

Gansbaai skole maak geskiedenis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles