Vroue span saam vir pikkewynfonds

Vroue span saam vir pikkewynfonds

Gansbaai Courant

'n Groep vroue van Gansbaai het besluit om ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur ten bate van die bewaring van ons kwynende pikkewynspesie.

Die projek gaan gepaard met wonderlike pryse wat deur 10 gelukkige vrouens gewen kan word. 

Dié 10 gelukkige vroue sal in kennis gestel word ná die gelukkige trekking wat Woensdag, 2 Augustus by die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) plaasvind.

‘n Week later op Vrouedag (9 Augustus) stap die groep wenners ‘n styluitdaging tegemoet.

‘n Haarstilis, grimeerkunstenaar en plaaslike modehuis span saam om behulpsaam te wees om aan elkeen van hierdie vroue ‘n nuwe voorkoms te bied.

‘n Professionele fotograaf sal die eindresultaat vasvang en elkeen van die wenners sal wegstap met haar fotoportefeulje gestoor in  ‘n geheuestokkie.

Die 2 stiliste is goed bekend met die modebedryf en het ook al die jaarlikse internasionale Fashion Week bygewoon.

Die wenners kan hulle gereedmaak vir ‘n dag van herontdekking, vonkelwyn en heerlike versnapperings.

Al wat jy moet doen om ‘n bydrae tot ons pikkewynbevolking te maak en om ‘n kans te staan om die uitstekende pryse los te slaan, is om ‘n kaartjie van R100 te koop.  Kaartjies kan nog tot kort voor die trekking om 11:00 by die APSS gekoop word op 2 Augustus.

Kaartjies is vooraf beskikbaar by Komtessa Modes, Hair Style Studio, APSS, The Great Whitehouse, Gansbaai Apteek en Richards Prokureurs.  

Die totale opbrengs van die kaartjieverkope word geskenk aan die pikkewynsentrum (APSS).

Ons Afrika pikkewyn

Die Afrika Pikkewyn is op die rand van uitsterwing en in die laaste 15 jaar het ‘n paar entoesiastiese bewaringsgesindes aksie geneem om die voëlsoort se getalle te beskerm. 

Die pikkewyngetalle is dramaties aan die kwyn en het sedert die 1920’s van 1 miljoen broeipare afgeneem na 20 000 broeipare.

Die Dyer Eiland Bewaringstrust (DICT) het ‘n moderne toevlugsoord en sentrum opgerig naby Kleinbaai waar behoorlik gekwalifiseerde versorgers rehabilitasie toepas. Dit is nie net die bedreigde pikkewynspesie wat hier gerehabiliteer word nie, maar ook verskeie seevoëls word ‘n tweede kans op lewe gebied.  Beseerde of oliebesmette voëls word by die sentrum gehuisves en versorg, totdat hulle weer gereed is om in die natuur vrygelaat te word.

Om hierdie voëls te onderhou beloop ‘n allemintige bedrag geld.  Die sentrum oorleef deur vrywillige bydraes en borge en moet dus voortdurend nuwe bronne soek om inkomste te genereer.

Die “Pronk vir Pikkewyne”-projek maak staat op u ondersteuning.

Vroue span saam vir pikkewynfonds

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles