Klem op gesonder eetgewoontes vir leerders

Klem op gesonder eetgewoontes vir leerders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Insiggewende en leersame ekspo’s oor gesonder eetgewoontes, asook voedseltuine, is op ‘n praktiese wyse gedurende Junie vanjaar by Gansbaai skole deur WCC (Whale Coast Conservation), onder leiding van dr Anina Lee, Kommunikasie-bestuurder, aangebied.

Die ekspo’s is by Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai en Masakhane Primary School aangebied. Die skole is geborg in die WCC Youth Environment Programme deur die Anglo Vaal Community Development Trust.

“Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai, Gansbaai Primêr en Laerskool Gansbaai is al verskeie kere deur WCC besoek, waartydens ‘n verskeidenheid van ekspo’s aangebied is,” vertel Anina. “Nou is ons dankbaar dat Masakhane Primary School ook by hierdie program ingeskakel het.”

Saam met Anina, het Shirley Mgoboza, Sheraine van Wyk, John Cowan en Den-fred Bruintjies ‘n goeie verskeidenheid van praktiese demonstrasies aangebied om die belangrikheid van gesonder eetgewoontes onder die leerders aan te moedig.

Onder andere is die noodsaaklikheid van genoegsame proteïene beklemtoon.

Klem is ook op die volgende gelê, wat met praktiese voorbeelde gedemonstreer is: verskillende kleure vrugte en groente, ongesonde voedsel wat vermy moet word, voedselsoorte wat energie vinnig vrystel, die drink van water in die plek van te veel gaskoeldranke en hoe om vars groente in herwinbare houers tuis te kweek.

Klem op gesonder eetgewoontes vir leerders

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles