Seemeeu 3/2017: Reformasie 500: Bybelleesprogram

Seemeeu 3/2017: Reformasie 500: Bybelleesprogram

NG Kerk Gansbaai

Reformasie 500: Bybelleesprogram
Ons is in die derde kwartaal van die Bybel lees en is omtrent halfpad daardeur. Dit is nie net lees nie, ons twee klasleiers, dr. Lisel en ds. Willie, maak ‘n nuwe Bybelse wêreld vir ons oop. Die redaksie het aan die deelnemers gevra om hul verwagtinge, ervaringe en gedagtes met die gemeente te deel.

  • Student 1: Om die Bybel van voor na agter deur te lees is ‘n uitdaging en verg baie deursettings vermoë. Geslagsregisters, waarvan daar baie is, is immers vir die meeste van ons vervelige leesstof. Deur elke week ‘n boek te lees en daarna die bespreking daarvan by te woon, het dit vir my makliker gemaak. Die geskiedenis van die Christendom word ontvou. God is en was altyd daar vir Sy volk. Dit is Hy wat ons nooit verlaat nie. Die wêreld en mensdom het deur die eeue baie verander, maar eintlik het niks verander
  • Student 2: Bybellees het my weer laat stilstaan, letterlik boeke gevat.

Partykeer was dit moeilik, maar met geduld en volharding was daar altyd genoeg tyd om stil te raak.
“BE STILL AND KNOW I AM GOD”
Die lewe het moeiteloos geraak, want alles word met nuwe oë gesien.
Dit was en is ongelooflik om weer die leesreis waarop ek is te vul met nuwe lesse.
Dankie dr. Lisel en ds. Willie

  • Student3: Dit het ek geleer, my opnuut verras:

Die Pentateug(eerste vyf boeke van die Bybel) is geskryf toe die volk Irael/Juda al in ballingskap was, m.a.w. baie, baie jare na die “begin”.
Die doel vir die skryf van die Pentateug in daardie tyd was om die volk te vertroos, te versterk, en om hulle aan hulle IDENTITEIT in die Here te herinner en om hulle van God se trou te verseker:
God is die Skepper en hy het goed geskep,
God het die mens in ‘n verhouding met Homself geskep,
God is hulle God, Hy het ‘n verbond gesluit met Abrahan en Isak en Jakob, hulle is sy volk.

Deur die plae in Egipte sou israel en die ander volke ervaar God is magtiger as al die ander gode.
In Eksodus word die volk gelei van slawerny in Egipte tot aanbidding:
Die God wat hoor en sien en red, is die God wat afkom na Sy mense in die woestyn en Sy wet aan hulle gee. Deur die wet weet die volk “ons is God se volk”.
Die rusdag wat God ingestel het(7de dag) maak God se volk anders as al die ander.

Die boek Levitikus gaan oor rein vs onrein. Wees heilig want Ek is heilig. God het geskep met definitiewe grense tussen orde en choas.

Die tempel was die as waarom die volk se verbondenheid met hulle God gedraai het. Vir hulle was God in die tempel: die ontmoetingsplek tussen hemel en aarde, waar tyd en ewigheid bymekaar kom, die plek van offer, plek van vergifnis, God se huis wanneer daar nood is, die aanbiddingsplek. Die mense het gedink God is net in die tempel.

In die Nuwe Testement het Jesus die tempel vervang. Daarom is dit nie meer belangrik om na Jerusalem te gaan nie – oral waar Jesus is is die tempel. Jesus vervang ook die offers.
 Jesus sê Sy liggaam is die tempel en Paulus sê gelowiges/die kerk is die tempel van die Heilige Gees.

  • Student 4: As 76-jarige Christen het ek al baie in my lewe Bybel gelees (sekerlik nog nie genoeg nie). Omtrent elke keer as ek iets in die Bybel lees, is daar iets nuut wat vir my oopgaan. Hierdie Bybelskool het vir my baie nuwe waarhede uit die Bybel geleer en hier moet ek spesifiek vir ons dosente baie dankie sê. Mag hulle seën vir hulle werk ontvang. Vir die gemeente kan ek sê: Hier is nog baie leë stoele!!
Seemeeu 3/2017: Reformasie 500: Bybelleesprogram

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles